
49.2K
Downloads
122
Episodes
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.
Episodes

Monday Mar 16, 2026
Die gevaarlikste woorde in die Bybel: “Ons weet”
Monday Mar 16, 2026
Monday Mar 16, 2026
Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister?
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.

Monday Mar 09, 2026
Ek leef 'dankvinderig' voor God
Monday Mar 09, 2026
Monday Mar 09, 2026
Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier?
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

Tuesday Mar 03, 2026
Waag dit al die pad tot in God se hart
Tuesday Mar 03, 2026
Tuesday Mar 03, 2026
God nooi ons nie om op ’n afstand te bly nie, maar om nader te kom. Om te waag om diep in Sy teenwoordigheid in te stap. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 lei ons om weer te ontdek hoe gebed, oorgawe en vertroue ons al die pad tot in God se hart bring.

Sunday Feb 22, 2026
Die maklike pad… en hoekom Jesus dit nie vat nie
Sunday Feb 22, 2026
Sunday Feb 22, 2026
Ons leef in ’n wêreld wat die vinnigste, maklikste uitweg soek. Maar Jesus kies dikwels ’n ander pad. Een wat dieper gaan, meer vra en ware lewe bring.
Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 by eKerk Lewendig, waar ons ontdek hoekom Jesus nie die maklike pad vat nie… en wat dit vir ons eie geloofsreis beteken.

Monday Feb 16, 2026
Loop, val en klim na Jesus toe
Monday Feb 16, 2026
Monday Feb 16, 2026
Ons geloofspad is nie altyd reguit nie. Soms stap ons sterk, soms struikel ons, en soms moet ons weer opstaan. Maar Jesus bly die Een na wie ons kan terugkeer, elke keer weer.
Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 by eKerk, waar ons ontdek hoe God ons dra deur elke stap, elke val en elke nuwe begin op pad na Jesus toe.

Monday Feb 09, 2026
Kan mense God proe as hulle jou ontmoet?
Monday Feb 09, 2026
Monday Feb 09, 2026
Wat bly by mense agter wanneer hulle by jou wegstap? Nie net wat jy sê of glo nie, maar wat hulle ervaar.
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe ’n lewe naby aan God ’n geur, ’n smaak, ’n lig word wat ander kan aanvoel en beleef. Ons staan stil by Psalm 15 en Matteus 5:13–17 en ontdek hoe God se teenwoordigheid deur gewone mense sigbaar en tasbaar word.
Kom kuier saam as eKerk-familie.

Monday Feb 02, 2026
As ek vir God net een ding kan vra
Monday Feb 02, 2026
Monday Feb 02, 2026
As jy net een versoek voor God kon bring, wat sou dit wees?
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stil te raak by hierdie eerlike vraag en te ontdek wat dit openbaar oor ons harte, ons begeertes en ons verhouding met God.
Soms lê die diepte van gebed nie in baie woorde nie, maar in een egte verlange. Kom kuier saam by eKerk en laat God jou hart vorm in hierdie eenvoudige, maar diep boodskap.
![[ WEEK VAN GEBED ] Bid totdat ek voel soos Jesus | Stephan Joubert](https://pbcdn1.podbean.com/imglogo/image-logo/19262224/Podcast_300x300.png)
Wednesday Jan 28, 2026
[ WEEK VAN GEBED ] Bid totdat ek voel soos Jesus | Stephan Joubert
Wednesday Jan 28, 2026
Wednesday Jan 28, 2026
Hoe voel Jesus? Hy is vol medelye, vreugde en hoop wanneer mense tuiskom.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om eerlik te kyk na ons emosies in gebed, en hoe gebed ons harte stadig maar seker gelyk laat klop met Jesus s’n.

Your Title
This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.
