
66K
Downloads
147
Episodes
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.
Episodes

4 days ago
4 days ago
23 min
Ons maak geloof soms ingewikkelder as wat dit hoef te wees. Ons dra swaar aan verwagtings en probeer alles reg doen, terwyl Jesus ons telkens terugnooi na ’n eenvoudiger manier van leef en glo.
Stephan Joubert help ons ontdek hoe geloof ons kan leer om ligter en eenvoudiger saam met God deur die lewe te gaan.
#eKerk #Boodskap

7 days ago
7 days ago
29 min
Hierdie maand kuier ons saam met Lida Grové wat 'n brei-projek begin het in Maclear.
Lida en haar span brei regdeur die jaar. Eers brei hulle truie, musse, komberse en dan brei hulle 'teddies' vir kinders wat kanker het. Luister vandag na hoe sy die stories vertel van Maclear en hoe 'n hele gemeenskap saam hande vat om 'n verskil te maak.
Indien jy wil betrokke raak, kan jy Lida direk skakel by 082 440 5541

Sep 28, 2026
Sep 28, 2026
29 min
Ons leef elke dag binne ’n kultuur wat ons idees vorm oor wat normaal, belangrik en aanvaarbaar is. Met verloop van tyd begin ons maklik kyk soos almal rondom ons kyk.
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons om deur Jesus se oë weer te kyk na die wêreld waarin ons leef, en te ontdek hoe Hy ons vorm om getrou aan Hom te leef.
#eKerk #Boodskap

Sep 20, 2026
Sep 20, 2026
22 min
Ons woorde dra gewig. Dit kan mense nader trek, hoop gee en iets van God se hart sigbaar maak in die gewone gesprekke van elke dag.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe die Here se soort taal klink, en hoe ons kan leer om anders en beter met mekaar te praat.
#eKerk #Boodskap

Sep 15, 2026
Sep 15, 2026
28 min
Dit is moontlik om besig te wees, aan te gaan en van buite lewendig te lyk, maar is dit dieselfde as om werklik te leef? Soms het ons nodig om weer te kyk na wat ons as lewe beskou.
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons om weer te kyk en te ontdek wat Jesus ons leer oor ’n lewe wat werklik lewendig is.
#eKerk #Boodskap

Sep 6, 2026
Sep 6, 2026
23 min
Wat in ons harte leef, vind dikwels ’n pad na ons woorde. Daarom maak dit saak waarmee ons ons harte vul en hoe ons kies om met ander te praat.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons harte én ons woorde vorm, sodat dit wat oor ons lippe kom iets van Sy teenwoordigheid en goedheid weerspieël.
#eKerk #Boodskap

Sep 1, 2026
Sep 1, 2026
26 min
Hierdie maand kuier ons saam met die dinamiese Marinda van Niekerk van PEN, 'n organisasie wat begin het in die hart van Pretoria se middestad. Hulle is betrokke by kleuterskole, jongmense en hawelose mense.
Hulle maak 'n reusagtige verskil in soveel mense se lewens op 'n daaglikse basis. Luister saam terwyl sy stories vertel van hoe die Here ook by PEN werk.
Indien jy wil betrokke raak, besoek gerus hulle webtuiste by www.pen.org.za

Aug 31, 2026
Aug 31, 2026
23 min
Vas gaan oor meer as om iets vir ’n tyd lank prys te gee. Jesus nooi ons om dieper te kyk na wat in ons harte gebeur wanneer ons vas, en hoe hierdie geloofsritme ons verhouding met God vorm.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe vas ons aandag opnuut op God rig en ruimte skep om bewuster van Sy teenwoordigheid te leef. #eKerk #Boodskap

Your Title
This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.
