Episodes

5 hours ago
5 hours ago
Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink ’n boodskap is vir “ander mense” bedoel. Wat as God jou juis in dié oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig?
In die boodskap neem Stephan Joubert ons op ’n reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek

4 days ago
4 days ago
Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel.
Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby is… nie bang vir ons gebrokenheid nie… en aktief betrokke in ons wêreld.
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se menswording vier.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #Kersdag

Sunday Dec 21, 2025
Kersfees is ’n interessante tyd | Johan Beukes
Sunday Dec 21, 2025
Sunday Dec 21, 2025
Kersfees bring elke jaar ’n unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad ’n interessante tyd. En juis dáár ontmoet God ons.
Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek

Sunday Dec 14, 2025
Lewe tussen die reeds en nog nie | Pierre Engelbrecht
Sunday Dec 14, 2025
Sunday Dec 14, 2025
Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wêreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte?
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die “reeds” en ons dra in die “nog nie.”
#eKerk #eKerkLewendig #Preek

Monday Dec 08, 2025
Jesus, meer as net my Verlosser | Stephan Joubert
Monday Dec 08, 2025
Monday Dec 08, 2025
Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra?
Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is.
Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek

Monday Dec 01, 2025
Doen soos God, doen goed! | Stephan Joubert
Monday Dec 01, 2025
Monday Dec 01, 2025
God roep ons nie net om te glo nie, maar om goed te doen. Om Sy hart vir mense sigbaar te maak in elke dag se keuses en klein gebare.
Kuier saam met Stephan Joubert by eKerk, waar ons ontdek hoe om God se karakter na te leef in ’n wêreld wat honger is vir ware goedheid.

Monday Nov 24, 2025
Vannag of vandag: kies reg! | Stephan Joubert
Monday Nov 24, 2025
Monday Nov 24, 2025
Ons almal ken daardie oomblikke waar ons uitstel, twyfel, of wag vir “môre.” Maar wat as God ons nooi om vandag te kies, te leef, te gehoorsaam? Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩, waar hy ons help ontdek hoe God ons roep om nie eendag nie, maar nou reg te kies! Reg te kies in geloof, in liefde, in gehoorsaamheid. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Wednesday Nov 19, 2025
BYBELSKOOL Deel 3 | Die Gees stuur en lei die kerk
Wednesday Nov 19, 2025
Wednesday Nov 19, 2025
Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge
Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei.
Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November
Sessie 1: Die Gees begin die storie
Sessie 2: Die Gees breek grense oop
Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk
Almal is welkom!
#eKerk #eKerkLewendig #Bybelskool

Your Title
This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

