
42.1K
Downloads
110
Episodes
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast.
By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak.
Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.
Episodes

35 minutes ago
Opstanding: Ons sien vir Jesus!
35 minutes ago
35 minutes ago
Op Opstandingsondag kyk ons weer, en hierdie keer sien ons nie net die kruis nie, maar die leë graf. Ons sien Jesus… lewendig, oorwinnaar, en naby aan ons.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om die vreugde, hoop en nuwe lewe van die opstanding opnuut te ontdek. Kom kuier saam en vier die lewe wat Jesus bring!

3 days ago
Goeie Vrydag: Ons sien vir Jesus...
3 days ago
3 days ago
Op Goeie Vrydag staan ons stil by die kruis, en ons kyk weer. Nie net na wat gebeur het nie, maar na Wie daar hang. Ons sien Jesus… Sy liefde, Sy lyding, Sy oorgawe vir ons.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stadiger te kyk, dieper te sien en die betekenis van die kruis opnuut te ontdek. Kom kuier saam en laat God jou hart aanraak in hierdie heilige oomblik.

7 days ago
Moenie die kortpad vat nie
7 days ago
7 days ago
Ons leef in ’n wêreld wat vinnige oplossings en maklike uitweë soek. Maar God se pad is dikwels nie die kortpad nie. Dit is die pad wat vorm, verdiep en ware lewe bring.
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoekom die pad saam met Jesus nie altyd die maklikste is nie, maar altyd die regte een.
#eKerk #Boodskap

Monday Mar 23, 2026
Vier dae te laat
Monday Mar 23, 2026
Monday Mar 23, 2026
Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n.
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring.
#eKerk #Boodskap

Monday Mar 16, 2026
Die gevaarlikste woorde in die Bybel: “Ons weet”
Monday Mar 16, 2026
Monday Mar 16, 2026
Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister?
𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.

Monday Mar 09, 2026
Ek leef 'dankvinderig' voor God
Monday Mar 09, 2026
Monday Mar 09, 2026
Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier?
𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

Tuesday Mar 03, 2026
Waag dit al die pad tot in God se hart
Tuesday Mar 03, 2026
Tuesday Mar 03, 2026
God nooi ons nie om op ’n afstand te bly nie, maar om nader te kom. Om te waag om diep in Sy teenwoordigheid in te stap. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 lei ons om weer te ontdek hoe gebed, oorgawe en vertroue ons al die pad tot in God se hart bring.

Sunday Feb 22, 2026
Die maklike pad… en hoekom Jesus dit nie vat nie
Sunday Feb 22, 2026
Sunday Feb 22, 2026
Ons leef in ’n wêreld wat die vinnigste, maklikste uitweg soek. Maar Jesus kies dikwels ’n ander pad. Een wat dieper gaan, meer vra en ware lewe bring.
Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 by eKerk Lewendig, waar ons ontdek hoekom Jesus nie die maklike pad vat nie… en wat dit vir ons eie geloofsreis beteken.

Your Title
This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.
